Sjamasj

Sjamasj
Die sittende Sjamasj oorhandig gesagsimbole aan Hammoerabi (reliëf op die boonste deel van die stele met Hammoerabi se wetskode).
Die sittende Sjamasj oorhandig gesagsimbole aan Hammoerabi (reliëf op die boonste deel van die stele met Hammoerabi se wetskode).
Soort god  Mesopotamies
God van Son; reg en geregtigheid
Kultussentrum  Sippar, Larsa
Simbool Leeu, son
Ouers Sin (Nanna)
Metgesel Aja
’n Weergawe van die antieke ster/son-simbool van Sjamasj.[1]
’n Manlike figuur (moontlik Sjamasj of Asjoer) in ’n Assiriese gevleueldeson-embleem (Noordwes-paleis van Nimrod, 9de eeu v.C.; Britse Museum).

Sjamasj (Akkadies: Šamaš, "Son") was ’n Mesopotamiese godheid en die songod in die Akkadiese, Assiriese, Babiloniese en Hebreeuse panteon. Hy was die god van reg en geregtigheid in Babilonië en Assirië, en het ooreengestem met die Soemeriese Utu. Die Akkadiese šamaš is verwant aan die Siriese ܫܡܫܐ (šemša of šimšu), die Hebreeuse שֶׁמֶשׁ (šemeš) en die Arabiese شمس (šams).

  1. Gods, Demons, and Symbols of Ancient Mesopotamia: An Illustrated Dictionary by Jeremy Black and Anthony Green (1992, ISBN 0-292-70794-0), p. 168

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search